Menu

Prossesering van beeste in ‘n voerkraal

Vraag:

Ek wil graag weet wat die entingsprosedure vir voerkraalbeeste is en hoeveel entstowwe met een slag toegedien kan word. Is die entstowwe nog aktief as jy alles met eenslag toedien om so stres te voorkom? Ek hoor graag van u.

Antwoord:

By voerkrale word die kalwers gewoonlik na aankoms  ‘n periode van 24 uur gegee om eers uit te rus na die stres van vervoer en veilings.  Daar moet genoeg spasie voorsien word, goeie drinkwater en goeie kwaliteit hooi sodat hulle kan rehidreer, hul rumens kan volmaak en bietjie van die stres ontslae kan raak.

 

Die prosessering vind dan plaas en hulle word ontwurm en ontvang entings teen die volgende siektes:

  • Respiratoriese siektes :Pasteurella, IBR (aansteeklike bees rinotrageïtis) en BVD (bees virus diarree) is die belangrikstes.
  • Klostridiale siektes soos die verskillende soorte sponssiektes - gewoonlik ‘n multivalente entstof wat ‘n klomp stamme van die klostridia dek
  • Lamsiekte en miltsiekte ( kry gekombineerde entstof)
  • Knopvelsiekte gedurende die somermaande.
  • Dan word hulle ook gedip nadat al die entstowwe toegedien is.

 

Al die entstowwe word onder die vel aan weerskante van die nek toegedien en almal kan op een slag toegedien word.  Inspuitplekke moet omtrent vier-vinger afstand van mekaar toegedien word.  Die gelyktydige toedien van die entstowwe word gedoen om hantering tot die minimum te beperk.  Hantering veroorsaak stres en stres veroorsaak dat die dier adrenalien afskei  en adrenalien werk immuniteit teen.

 

Om nog beter immuniteit te verkry, is dit beter as die kalf reeds op die plaas van oorsprong geïmmuniseer kan word ( ten minste 2 weke voor die  tyd).  Dit gee die kalf kans om onder stresvrye omstandighede te reageer op die entstowwe wat toegedien word.  As die kalf dan by die voerkraal herimmuniseer word, sal die kalf baie beter immuniteit verkry en dus ‘n gesonder kalf wees.

 

Veldvoorbeiding ("backgrounding") van kalwers is nog meer voordelig vir goeie immuunstatus by kalwers. Die proses behels dat kalwers geprosesseer word na speen en dan op weiveld geplaas word met ‘n goeie lek.  Na ’n periode van een tot drie maande gaan hul dan na die voerkraal waar hul weer geprosesseer word.  Dit is die beste resep vir goeie gesondheid in ‘n voerkraal.

 

Vir die beskerming van kalwers voor speen kan die koeie ingeënt word met sekere van die entstowwe omtrent 2 maande voordat sy kalf. Dit sal die kalf dan beskerm tot op vier maande ouderdom, waarna die kalf dan ook ingeënt word.

 

 

Geskryf deur: dr. Eben du Preez, Voerkraalkonsultant (0825618689) edupreez1@telkomsa.net 

27 Februarie 2013

1543 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 15/04/14 22/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3446c 3452c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1719c 1726c down 0.4
Skaapvleis A2/A3 4709c 4730c down 0.4
Varkvleis (gem. prys) 2132c 2119c down -0.6
Braaikuikens 1721c 1729c down 0.5

Aandele